send link to app

Dagbreek


4.0 ( 0 ratings )
Новости
Разработчик AppSpotr AB
бесплатно

In Dagbreek word daar jaarliks een mentor vir elke 7 eerstejaars aangestel, wie grotendeels bestaan uit derde, vierde en vyfde jaar studente in ‘n ewewigtige verspreiding. In Dagbreek ag ons die mentor sisteem van uiters hoë belang en sien dit as ‘n kritieke komponent in die sukses van ‘n eerstejaar se tyd op universiteit. Daardie eerste paar weke is somtyds ‘n moeilike oorgang fase vir enige seun wie pas uit ‘n matriekklas uitgestap het. Daarom dien die mentor dan as ‘n “ouboet” om raad, insig en ondersteuning te bied waar nodig. Die mentors sal eerstejaars gereeld besoek om seker te maak sy aanpassing in die koshuis en universiteit as geheel loop glad. Dit is egter vir elke mentor belangrik om nie net daar te wees wanneer u seun hom nodig het nie, maar ‘n opregte vriendskap en broederskap te smee deur die jaar. Mentors leef ten alle tye met ‘n “oop deur” beleid.